Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND
Re: "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND [boodskap #34820] Wo, 27 September 2000 00:00
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai dis nou so spot on, en ek ken daai trein na Simonstown via Kalkbaai (waar
die Brass Bell restaurant eens was). Gloudina, vertel ons tog van Charl
Durand,
wie is hy, en waar woon hy ens.

Pop

skryf in boodskap news:39D28FC6.F11C2078@home.com...
>
> treinkaartjie, kalkbaai
> Charl Durand
>
>
> ek doen trainspotting op kalkbaai stasie. daar's 'n ou wat kitaar speel
> in
> die subway vir amper niemand nie. hey mr tambourine man dit weerklink
> tot
> binne-in die trein. iemand het oor die
> assebief-dra-tog-'n-kondoombordjie
> geskryf in dik groen felt tip pen, motherfucker. dis vier rand veertig
> tot
> by vishoek en weer so terug, en as jy na vyf ry dan's dit verniet maar
> watch
> out, want dan ry jy waarskynlik saam met die dregs van die vlaktes wat
> gewoonlik nie kan bekostig om eersteklas te ry nie en buitendien is
> mamba
> security reeds huistoe. op pad dink jy die seegolwe gaan lek-lek aan die
>
> trein se linkerkant. die deur van die hokkie waar die toilet nie meer is
> nie
> klap oop en toe elke keer as die trein op 'n stasie stop. op vishoek
> doen 'n
> vrou perms vir 45 rand waar die wagkamer eers was. toe ek uitklim sien
> ek my
> trok is mooi toegedraai in grafitti soos 'n persentjie helderkleurig in
> dulux extra cover, mojo says war sucks en oppas vir die wild boys. toe
> ek
> uit die stasie stap sien ek die visstert by die man se toksak uitsteek,
> het
> lanie tog nie vier rand veertig nie, vir retreat se trein, maar ek ken
> jou
> eufemismes, retreat in jou black label, back into your rootlessness.
>
Vorige onderwerp: gedigte
Volgende onderwerp: "treinkaartjie, kalkbaai" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 07:47:45 MGT 2024